Marquard-aanval: Egpaar sterk goed aan in BFN-hospitaal
Loading player...
'n Egpaar van Marquard in die Vrystaat wat wreed in hul huis aangeval is die naweek sterk goed aan in 'n Bloemfonteinse hospitaal. Ilse Botha sê dit gaan onder die omstandighede goed met haar ouers, Lourie en Celia van der Merwe, wat Saterdagnag in hul huis deur 'n onbekende rower met 'n mes aangeval is. Lourie het vier steekwonde aan die lyf opgedoen, terwyl Ilse met 'n mes in haar gesig gesteek is. Botha sê haar ma se boonste kakebeen is gebreek en sy het frakture opgedoen in haar gesig.
Botha sê haar pa het haar ma die hele tyd beskerm. Sy sê die booswig het haar ouers verskeie kere met die dood gedreig.
Die rower het weggehardloop nadat Lourie hom verskeie kere geskop en afgeweer het. Botha sê R250 en 'n selfoon is gebuit. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.