
Boere dankbaar oor die reën
Loading player...
Boere in die Bloemfontein-gebied juig oor goeie reënneerslae die afgelope naweek. Frikkie van der Merwe, wat teen die Modderrivier boer, sê hy het sedert Vrydag 60mm reën gehad. Van der Merwe, met meer as 2 000 hektaar saailande, het in November verlede jaar sonneblom geplant. Hy sê die afgelope naweek se neerslae was die meeste wat hy tot dusver gemeet het op sy plaas.
Nog reën word vir groot dele van die Vrystaat vandeesweek voorspel.
Nog reën word vir groot dele van die Vrystaat vandeesweek voorspel.

