NW LUR vir Onderwys se huis afgebrand ná betogings

Loading player...
Die Noordwes LUR vir Onderwys, Sello Lehari en sy gesin is ongedeërd nadat sy huis die afgelope naweek vermoedelik deur ontstoke gemeenskapslede afgebrand is. Onderwys-woordvoerder, Freddy Sepeng sê die voorval het Saterdag by die Moeka Village naby Makapanstad plaasgevind. Hy sê gemeenskapslede het verlede week begin betoog oor swak dienslewering. Hulle is glo omgekrap oor die watertoevoerprobleme in die gebied. Ander huise en motors is ook beskadig. Lehari was voorheen ‘n wyksraadslid en burgermeester in die gebied. Sepeng sê die plaaslike regering het die voorval veroordeel.

[CutID: Sepeng.mp3

Die ANC se leierskap in Noordwes sal na verwagting vanoggend met party-amptenare in die Moretele-munisipaliteit in Makapanstad oor die voorval vergader.
30 Jan 2017 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes