ANC gee aandag aan "koverte veldtog"

Loading player...
Die party se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe het Woensdag aan joernaliste gesê partylede het met die ANC se algemene bestuurder, Ignatius Jacobs, wat by die skandaal geïmpliseer word, vergader.

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) het gister vergader voordat sy lekgotla vandag begin.

Maryke Vermaak berig egter dat Mantashe volgehou het dat die kwessie nie die ANC betrek nie, en hy gaan daarom nie daarop reageer nie.

Die ANC het reeds Dinsdag ontken dat hy die “koverte veldtog” met ’n begroting van R50 miljoen gevoer het of enigsins wóú voer in die munisipale verkiesing van verlede jaar.

Inligting oor so ’n veldtog het bekend geword toe die openbarebetrekkinge-spesialis Sihle Bolani die ANC hof toe gevat het om geld te kry wat haar glo geskuld word vir werk aan dié veldtog.

Die hooggeregshof in Johannesburg het die aansoek Dinsdag met koste van die hand gewys omdat daar volgens regter Leoni Windell nie gronde vir dringendheid in die aansoek was nie.

Bolani het die aansoek ingedien om R2,2 miljoen uit die ANC te probeer kry.
25 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes