Geen lewendige donkies op Noord-Kaapse plaas gevind nie

Loading player...
Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) het geen lewendige donkies op 'n plaas buite Olifantshoek in die Noord-Kaap gevind nie. Dit kom nadat 'n ondersoek na vermiste donkies in die Olifantshoek-gebied gelei het tot die ontdekking verlede week op 'n plaas waar donkies na bewering onwettig afgeslag is. 'n NDBV-inspekteur, Mpho Mokoena, sê baie van die diere is wreedaardig geslag om hul velle te oes. Sy sê volgens werknemers op die plaas is donkies daagliks afgeslag. Die vermoede bestaan dat meer as 30 donkies daagliks van kant gemaak is. Met die DBV se besoek aan die plaas is daar slegs karkasse en velle gevind. Mokoena sê van die karkasse is begrawe.

Mokoena sê 'n ondersoek is begin nadat klagtes van vermiste donkies van die plaaslike gemeenskap ontvang is. Heinrich Smit en Dawid Papie is verlede Woensdag by hul onderskeie huise in verband met die donkieslagtings in hegtenis geneem.
24 Jan 2017 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes