Madibeng-munisipaliteit gaan betalingsooreenkoms met Eskom aan

Loading player...
Inwoners van die Madibeng-munisipaliteit in Noordwes sal nie van vandag af aan daaglikse kragonderbrekings onderwerp word nie, nadat die munisipaliteit gister 'n betalingsooreenkoms met Eskom aangegaan het. Die munisipale gebied sluit in Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand en Priminidia. Eskom het gisteraand in 'n verklaring gesê die kragtoever na Madibeng sal nie afgesny word nie, terwyl die kragverskaffer die betalingsooreenkoms nagaan nie. Inwoners van vyf ander munisipale gebiede in sentraal-Suid-Afrika staar wel van vandag af daaglikse kragonderbrekings in die gesig, weens hul munisipaliteite se versuim om hul kragrekenings te betaal. Die munisipaliteite skuld Eskom miljarde rande. In Noordwes sal daar van vandag af kragonderbrekings in die Lekwa-Teemane-, Maquassi Hills-, en Kgetleng Rivier-munisipaliteite wees. In die Noord-Kaap sal kragtoever na die Ubuntu- en Renosterberg-munisipaliteite afgesny word. Die kragtoevoer sal afgesny word van Maandae tot Vrydae, soggens tussen ses en agtuur, en smiddae tussen 5uur en halfagt. Saterdae en Sondae sal die krag af wees tussen halfnege en 11uur die oggend en 15:00 en halfses die middae. Die kragtoever is reeds van Maandag af tussen daardie tye na die Naledi-munisipaliteit afgesny. Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe, sê die kragverskaffer is gedwing om dié ernstige stappe te neem.
17 Jan 2017 10PM English South Africa News · Business

Other recent episodes