VS-regering bekommerd oor volhoubaarheid van ooreenkomste met Eskom

Loading player...
Die Vrystaatse provinsiale regering het sy kommer uitgespreek oor die volhoubaarheid van die ooreenkomste wat aangegaan is tussen Eskom en ses munisipaliteite, wat daartoe gelei het dat daaglikse kragonderbrekings vermy kon word.

Eskom het vroeër kennisgewings uitgereik dat die kragtoever van vandag af na 15 munisipaliteite in die Vrystaat, Noordwes en Noord-Kaap afgesny sou word, weens skuld van meer as R700-miljard.

Die ses Vrystaatse munisipaliteite - Nketoana, Nala, Tokologo, Mantsopa, Dihlabeng en Masilonyana - het egter gister ooreenkomste met Eskom aangegaan, sommige met behulp van die provinsiale regering.

Die Vrystaatse LUR vir Finansies, Elzabe Rockman, sê die provinsiale regering moes by die Dihlabeng-, Masilonyana- en Nala-munisipaliteite ingryp en het ongeveer R27-miljoen betaal om die ligte aan te hou.

In Noordwes, sal kragtoever wel van vandag af na die Ventersdorp-, Mamusa-, en Naledi-munisipaliteite afgesny word, en van Woensdag af na die Lekwa-Teemane-, Maquassi Hills-, Madibeng-, en Kgetleng Rivier-munisipaliteite. In die Noord-Kaap sal daar geen krag van Woesndag af in die Ubuntu- en Renosterberg-munisipaliteite wees.

Die kragtoever sal Maandae tot Vrydae tussen 06:00 en 08:00 die oggend en weer 17:00 en 19:30 die aand, en weer Saterdae en Sondae tussen 08:30 en 11:00 die oggend en 15:00 en 17:30 smiddae afgesny word.
16 Jan 2017 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes