Gr.1’tjies nie bang vir skool nie

Loading player...
Talle gr.1'tjies moes vanoggend hul ouers groet en vir die eerste keer agter die skoolbanke inskuif. Die sesjarige Jean Meyer is 'n gr.1'tjie aan Grey-kollege Primêr in Bloemfontein. Hy het voor dié groot dag aan OFM-nuus gesê hy is nie bang om skool toe te gaan nie, omdat hy 'n "sterk man" is. Hy het ook al baie maatjies.

Klein Christoff Lintvelt het vanoggend deur die Laerskool Universitas oftewel Tjokkies in Bloemfontein se hekke Hy is opgewonde om sy gr.1-jaar te begin. Hy gaan speel by die skool en net so bietjie leer. Die bekkige knapie is boonop ook nie bang vir sy gr.1-juffrou nie omdat hy haar ken. Hy ken sy juffrou al sedert verlede jaar.
11 Jan 2017 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes