
DA dien mosie van wantroue in teen Tlokwe-speaker
Loading player...
Die DA in Tlokwe beplan om ‘n mosie van wantroue in te dien teen die Speaker van die raad, Kgosiang Mogeemang tydens die raadsvergadering wat vanoggend gehou word. DA-sweep, Neels Coetzer sê die party gaan vra vir die onmiddellike verwydering van die Speaker en die tydelike aanstelling van ‘n ander raadslid. Hy sê een van die vele probleme wat hulle met die Speaker het is dat hulle geen terugvoer kry op verskeie navrae oor die bestuur van die munisipaliteit nie.
Die raadsitting begin om 9-uur vanoggend.
Die raadsitting begin om 9-uur vanoggend.

