Minimum loon van R3 500 per maand voorgestel
Loading player...
'n Nasionale minimumloon van minstens R3 500 per maand of R20 per uur is voorgestel deur die paneel wat 'n nasionale minimumloon gister by Nedlac in Midrand bespreek het. Adjukpresident Cyril Ramaphosa het aangekondig daar was ook eenstemmingheid tussen die regering, die sakesektor en die arbeidsektor dat uitgerekte stakings vermy moet word deur arbitrasie en bemiddelling beter te benut. Ramaphosa het beklemtoon die bedrag van R3 500 is nog net 'n voorstel en nog glad nie 'n finale bedrag nie.
Mildred Oliphant, minister van arbeid, het gesê bestaande loonooreenkomste sal van krag bly, en die voorstel vir ’n nasionale minimumloon is bedoel om van toepassing te wees op werkers wat tans minder as R3 500 verdien.