Nog buie en donderbuie voorspel vir groot deel van VS, NW
Loading player...
Nog buie en donderbuie word voorspel vir 'n groot deel van die Vrystaat en Noordwes die volgende sewe dae.
Dit kom nadat Bloemfontein en omliggende dele die afgelope naweek goeie reën ontvang het.
'n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tumi Phatudi, sê die meeste reën in die volgende sewe dae kan van Woensdag tot Saterdag in die oostelike en noord-oostelike deel van die Vrystaat voorkom. Dit sluit dele soos Ficksburg, Bethlehem en Warden in. Volgens haar kan sowat 78mm reën in Ficksburg voorkom.
Sy sê dit gaan Sondag in die gebied begin opklaar met nog opvolgreën wat volgende Dinsdagaand en Woensdag hier kan voorkom. Buie-en donderbuie word ook van Donderdag af vir die res van die Vrystaat voorspel.
Daar is 'n 30% kans op reën vandag in die suid-oostelike deel van die Noord-Kaap wat Springbok, Postmansburg, Kuruman en Kathu insluit.