SPESIALE VERSKIESINGSVERSLAG: Dewetsdorp-inwoners hou hul dorp skoon.

Loading player...
Inwoners van Dewetsdorp in die Vrystaat staan nie terug as dit by die netheid en voorkoms van hul dorpie kom nie. Hulle wil ’n verskil maak, met óf sonder regeringshulp. Boere, hul werknemers, inwoners en skoolkinders het vandeesmaand hul vuil dorp se strate ingevaar en begin om Dewetsdorp op te ruim. Wydverspreide rommel naby die stortingsterrein is ook bymekaar gemaak en later verbrand. Daarmee saam is slaggate in die strate gevul en vullisdromme is orals geplaas. OFM-nuus se Mark Steenbok en Christal-Lize Muller het by die gemeenskap gaan uitvind waarom hulle aan die skoonmaakprojek deelneem en ook hul mening gekry oor die toekoms van Dewetsdorp.
28 Jul 2016 4AM English South Africa News · Business

Other recent episodes