
Kroonstad-waterkrisis Vrydag tydens vergadering bespreek
Loading player...
Die munisipale bestuurder van die Moqhaka-munispaliteit en verskeie rolspelers vergader Vrydag om die waterkrisis in Kroonstad te bespreek. Die woordvoerder vir dié munispaliteit, Khojane Madiba sê hulle sal dan kommentaar lewer op die kwessie. Die Bloemhokdam, wat water aan Kroonstad verskaf, is nou minder as 1% vol. Inwoners in die dorp het aan OFM-nuus gesê hulle vrees dat hulle binnekort geen water sal hê nie. Besighede in die dorp word ook geraak deur die krisis. Gerhard Pretorious, eienaar van Pure Drop Water, in Kroonstad sê intussen dat die water nie noodwendig vuil is nie maar dat die vraag daarna vergroot.
'n Waterkundige in Kroonstad, Theuns de Bruyn, is van mening dat die droogte en swak bestuur van die munisipaliteit van die hoofredes is vir die huidige waterkrisis.
'n Waterkundige in Kroonstad, Theuns de Bruyn, is van mening dat die droogte en swak bestuur van die munisipaliteit van die hoofredes is vir die huidige waterkrisis.

