Bevelvoerder by Bloemfontein-lugmagbasis gegroet

Loading player...
Familie, vriende en kollegas het vandag by die Bloemspruit-lugmagbasis in Bloemfontein byeengekom om hulle laaste eer aan die lugmag-vlieënier en -bevelvoerder, Chris Opperman te betoon.

Opperman, wat ongeveer 13 000 vliegure in helikopters agter die rug het, is op 12 Mei in ‘n motorfietsongeluk oorlede.

Hy het reeds in 1983 'n lugmagvlieënier geword en is op 1 Januarie aangestel as bevelvoerder by die Bloemspruit-lugmagbasis.

Hy het ook die lugmag se Ad-Astra-medalje vir reddingswerk ontvang.

Generaal Chris Gildenhuys het hom as ‘n baie goeie soldaat beskryf.
20 May 2016 8AM English South Africa News · Business

Other recent episodes