EFF verwelkom Appèlhof-uitspraak

Loading player...
Die nasionale woordvoerder van die EFF, Mbuyiseni Ndlozi, het die Appèlhof in Bloemfontein se uitspraak verwelkom. Die hof het die appèl van die Nasionale Raad van Provinsies se voorsitter, Thandi Modise, van die hand gewys.

Modise het geappelleer teen die hooggeregshof-uitspraak wat bevind het dat haar beslissing tydens ‘n sitting in Augustus verlede jaar ter syde gestel moet word. Sy het toe beslis dat ‘n uitlating van EFF-president en LP, Julius Malema, onwettig en onparlementêr was. Malema het gesê dat die ANC-regering verantwoordelik is vir die Marikana-slagting. Ndlozi sê vandag se uitspraak beteken baie vir vryheid van spraak.
20 May 2016 7AM English South Africa News · Business

Other recent episodes