Langtermynoplossings vir Kroonstad-waterkrisis nodig

Loading player...
Die Moqhaka plaaslike munispaliteit sal met langtermynoplossings vorendag moet kom om die huidige waterkrisis in Kroonstad op te los.

Dis is volgens inwoner en besigheidsman in die dorp, Rudy Brits. Die dorp het reeds verskeie weke ‘n tekort aan bogrondse water.

Die situasie word vereger deur die droogtetoestand en die feit dat die bestaande boorgat in die dorp slegs een megaliter water per dag lewer.

Die Vryheidsfront Plus se Albe Viljoen het ook haar kommer uitgespreek oor die watertekort by die Boitumelo Hospitaal, wat dienslewering kortwiek. Brits sê alhoewel daar nog water in die krane is, is dit nie van ‘n goeie gehalte nie.

‘n Woordvoerder vir die Moqhaka munisipaliteit, Khojane Madiba het vroeër gepleit dat inwoners water spaarsamig moet gebruik.

Mark Steenbok/OFM Nuus
19 May 2016 9AM English South Africa News · Business

Other recent episodes