Black Lawyers Association eis ook regter se kop

Loading player...
Die Black Lawyers Association (BLA) het gevra dat die Hooggeregshofregter, Mabel Jansen moet bedank in die lig van uitsprake wat sy op Facebook gemaak het. Die opmerkings is vervat in 'n gesprek tussen Jansen en die aktivis, Gillian Schutte en is die naweek op sosiale media geplaas. Jansen het gesê 99-persent van swart pa's, ooms en broers, kinders so jonk as vyf jaar verkrag. Die president van die BLA, Lutendo Sigogo sê hulle is woedend oor die uitlating waarin onder meer ook gesê is in swartmense se kultuur is vroue slegs daar om aan mans se behoeftes te voldoen en dat toestemming nie nodig is nie.
9 May 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes