Wêreld Malaria-dag vandag gevier

Loading player...
'n Organisasie wat Malaria beveg sê Suid-Afrikaners dra nie veel kennis oor die siekte nie.

Die 25ste April is Wêreld Malaria-dag.

Die organisasie, Goodbye Malaria, poog om Malaria teen 2030 in Mosambiek uit te wis. Die uitvoerende hoof, Sherwin Charles sê die kennis, tegnologie en opleiding sal dan na die res van die vasteland uigebrei word.

Charles sê hoewel die siekte voorkombaar en behandelbaar is, is dit een van die voorste oorsake van dood in die wêreld, veral in Afrika suid van die Sahara en onder kinders jonger as vyf.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wil Malaria in minstens 10 lande heeltemal uitwis teen 2020.

Die WGO sê die meeste voorvalle van die siekte kom voor in gebiede aangrensend aan Swaziland, Zimbabwe en Mosambiek. Altesaam 11 700 voorvalle is in Suid-Afrika aangemeld in 2014 in vergelyke met 64 000 in 2000.
25 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes