
SA moet nog meer as vier miljoen ton geel- en witmielies invoer
Loading player...
Suid-Afrika sal nog meer as vier miljoen ton geel- en witmielies moet invoer tussen Mei vanjaar en April aanstaande jaar. Dit is deur die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana bekendgemaak tydens sy begrotingsdebat in die Nasionale Vergadering. Zokwana sê ook dat die land kwaai onder die droogte, die rand se wisselkoers en internasionale ekonomiese toestande deurloop.

