UV dissiplinêre verhore gaan nie onafhanklik of onpartydig wees nie: Sasco

Loading player...
Die studente-instansie, Sasco, sê hy twyfel of die Universiteit van die Vrystaat se dissiplinêre verhore weens botsings tydens 'n Varsitybeker-rugbywedstryd op Shimlapark in Februarie, onafhanklik, onbevooroordeeld en onpartydig sal wees. Tumelo Rapitsi sê tien Sasco-lede het vandeesweek kennisgewings van die UV ontvang om in dissiplinêre verhore voor ‘n onafhanklike paneel te verskyn. Hy sê hulle gaan egter nie die verhore of vandag se inligtingsessie rondom die verhore bywoon nie. Volgens Rapitsi is daar geen duidelik bewyse verskaf oor welke reëls van die universiteit wat verbreek is nie. Hy sê die UV het nie aan die instansie se versoek voldoen om aan te dui wie die lede op die paneel is nie. Die kredietwaardigheid kan dus nie bepaal word nie.
21 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes