Wapentransaksie: niemand gaan vervolg word nie
Loading player...
President Jacob Zuma sê niemand gaan in verband met die regering se omstrede multimiljardrandse wapentransaksie vervolg word nie. Hy het vanoggend die langverwagte verslag deur die Seriti-kommissie van ondersoek na die wapentransaksie van die laat 1990's en vroeë 2000's vrygestel. Zuma sê die kommissie het geen bewyse van enige ongerymdhede met die toeken van kontrakte gekry nie. Hy sê die kommissie het verder bevind die wye aantygings oor bedrog en korrupsie met betrekking tot kontrakte en die koste van die wapentransaksie, sonder basis is. Daar was ook geen bewyse dat enige besluit deur die kabinet om teen die aanbevelings te gaan deur misdadigheid of korrupsie gemotiveer is nie.
Die kommissie is in September 2011 deur Zuma aangestel om beweringe van bedrog, korrupsie, onbehoorlikheid of onreëlmatigheid in terme van die verkrygingsproses te ondersoek.
Die kommissie se geloofwaardigheid is vroeg reeds ernstig geknou toe verskeie senior leiers kort voordat die openbare sittings sou begin het, bedank het.
Dit het regter Francis Legodi, een van die kommissarisse, ingesluit.
Mokgale Norman Moabi, ’n senior navorser by die kommissie, het ook bedank en gekla oor ’n sogenoemde “tweede agenda” om bewerings van korrupsie gedurende die proses te diskrediteer.