
Nog borge vir Potchefstroom kunstefees benodig
Loading player...
Daar word tans volstoom gewerk om nog borge vir die Potchefstroom Kunstefees te finaliseer, asook om mense aan te stel wat die bestuur van die fees sal hanteer. Aardklop-belanghebbendes se woordvoerder, Japie Gouws se komentaar kom nadat dit gister bevestig is dat die fees van 4 tot 9 Oktober 2016 in Potchefstroom gehou sal word. Die fees sal egter nie meer as Aardklop bekend staan nie, maar voorlopig die Potchefstroom Kunstefees genoem word, terwyl daar nog borge gewerf word. Gouws het aan OFM-nuus gesê daar is oorweldigende positiewe terugvoer vanaf die Potchefstroom-gemeenskap rakende die fees, aangesien Aardklop altyd ’n groot ekonomiese inspuiting vir die dorp was. Hy het verder ’n beroep op kunsliefhebbers gedoen om die kunste te ondersteun.
Daar is in Februarie bekendgemaak dat Aardklop nie weer gaan plaasvind nie en ook nie weer op Potchefstroom nie. Daar was 'n geweldige reaksie daarop.
Daar is in Februarie bekendgemaak dat Aardklop nie weer gaan plaasvind nie en ook nie weer op Potchefstroom nie. Daar was 'n geweldige reaksie daarop.

