
Tekens van positiewe groei in toeriste-akkomodasie
Loading player...
Inkomste uit toeriste-akkomodasie het gegroei met ongeveer 15.4 persent in Februarie 2016 vergeleke met dieselfde tyd in 2015. Statistiek Suid-Afrika se jongste opname oor toeriste akkomodasie vir Februarie 2016 wys ‘n drie persent toename in die getal nagte per verblyfeenheid wat verkoop is. Die tipe akkomodasie wat die hoogste jaar-op-jaar groei, van 19.5 persent getoon het, was lodges, bed-en-ontbyt plekke en selfsorg-eenhede. Bestuurder: Handels Statistiek by StatsSA Kashnee Govender sê die syfers wys ‘n 11.9 persent in die gemiddelde inkomste per oornag eenheid. Sy sê daar is verskeie redes hiervoor soos verbeterde reklame.

