Groot name is bevestig vir die eerste O.R. Tambo Vrystaat Marathon

Loading player...
Van die grootse padwedloop-name sal eerskomende Saterdag deelneem aan die eerste O.R. Tambo Vrystaat Marathon wat in die Bloemfontein plaasvind.

Dit is volgens die departmentshoof van die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Tsoarelo Malakoane.

Die marathon waarborg aan die mans- en vrouewenner van die 42.2km volle marathon prysgeld van R350 000, maar hulle sal egter ‘n opkikkertoets moet ondergaan.

Dit geld vir al die prysgeldwenners van die volle, halfmarathon asook die 10km-padwedloop.

Malakoane het aan OFM Sport gesê hulle is tevrede met die inskywings, wat vandag sluit, aangesien dit die eerste byeenkoms van die aard is.

Malakoane het ook bevestig name soos Gert Thys, Vusi Nhlapo en Michael Mazibuko sal Saterdag onder die deelnemers wees.

In die vroue-padwedloop sal alle oë op die Vrystaatrekordhouer, Paulina Njeya, gerig wees.

Russiese asook Chinese atlete het ook belag gestel in die padwedloop maar kon egter nie betyds visiums bekom nie.

Die padwedloop begin Saturdagoggend om 5:30 by die Vrystaat Instituut vir Sportwetenskap.
14 Apr 2016 8AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min