Uitspraak in aansoek om appél teen parool vir Walus verwag
Loading player...
Uitspraak in die Minister van Justisie se aansoek om appél teen parool vir Janusz Walus word vandag in die Pretoriase Hooggeregshof gelewer.
Walus dien lewenslange tronkstraf uit vir die moord op die voormalige SAKP-leier, Chris Hani.
Die minister, Michael Masutha het aangevoer dat die skeiding van magte geskend is toe parool aan Walus toegestaan is. Masutha het vroeër 'n besluit van die mediese paroolraad ter syde gestel vir die vrylating van Walus.
Maryke Vermaak berig dat Masutha hou vol dat daar verdere beraadslaging met die SAKP en die Hani-familie moet wees.