SMS-bedrogspul: Inwoners van VS en NW ook ingeloop
Loading player...
‘n Nasionale ondersoek deur die Valke na voorvalle waarin waarin mense oor die land heen al ingeloop is, is ook na die Vrystaat en Noordwes uitgebrei.
Valke-woordvoerder, Hangwani Mulaudzi, sê die skelmstreek behels dat mense ‘n sms-boodskap ontvang waarin hulle ingelig word dat ‘n saak in verband met ‘n verkeersoortreding teen hulle aanhangig gemaak is. Die boodskap bevat die besonderhede van ‘n sogenaamde ondersoekbeampte wat gekontak moet word.
Diegene wat op die boodskap reageer word ingelig dat lasbrief vir hul inhegtenisneming uitgereik is. ’n Bankrekeningnommer word verskaf waarin hulle dan ’n bepaalde bedrag geld moet betaal.
Malaudzi sê die eerste saak is in Januarie vanjaar in Johannesburg aanhangig gemaak.
Ander soortgelyke sake is ook in die Wes-Kaap, KwaZulu-Natal, die Vrystaat, Noordwes en Limpopo aangemeld. Malaudzi wou egter nie die aantal sake bekend maak nie.