Aanlyn-registrasieproses by GP-skole kan in ander provinsies gedupliseer word

Loading player...
Fedsas sê die nuwe aanlyn-registrasieproses vir toelating by Gautengse skole kan in ander provinsies in die land gedupliseer word indien dié stelsel effektief en alle probleme rondom dit opgelos is.

Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole sê daar is nog uitdagings met die aanlyn-registrasieproses in Gauteng.

Die stelsel, wat ouers in staat stel om kinders wat volgende jaar met gr.1 of gr.8 begin by openbare skole in die provinsie aanlyn te registreer, het Maandag begin. Die webwerf is egter gesluit omdat dit nie die massa aanlynaansoeke kon hanteer nie, maar was teen gister weer beskikbaar.

Fedsas se adjunkhoof, Jaco Deacon, sê die federasie steun die gebruik van tegnologie. Hy is egter nie oortuig dat die stelsel gereed is nie. Daar is sekere probleme wat eers uitgesorteer moet word. Hy sê die stelsel kan nie 100% ingestel word nie, omdat baie ouers en selfs skole nie toegang tot die internet het nie. Beheerliggame se taak word ook bemoeilik.

Deacon sê as dié stelsel effektief is en alle probleme rondom dit opgelos is, kan ander provinsies in die land dit dupliseer. Die hoofdoel van dié stelsel is om ‘n databasis te ontwikkel wat gesentraliseer is vir die monitering asook die beplanning van prosedures vir toelating.
14 Apr 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min