ATKV versoek vegadering met UV SR-president

Loading player...
Die besturende direkteur van die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) sê hulle doen baanbreker werk om nasiebou te bevorder en spits hulle daarop toe om te transformeer.

Japie Gouws sê die ATKV konsentreer daarop om moedertale, en nie net Afrikaans nie, te bevorder.

Dit volg nadat die Studenteraad (SR) van die Universiteit van die Vrystaat hulle Dinsdag tydens ‘n dialoogsessie sterk uitgespreek het teen die ATKV en geëis het dat hulle verwyder word van alle kampusaktiwiteite, insluitend die Klein Sêr.

‘n SR-lid, Sikhululekile Luwaca het aan OFM-nuus gesê die demografie van die kampus het verander en dat die ATKV nie inklusiwiteit bevorder nie.

Gouws sê die ATKV het reeds versoek om met die SR-president te vergader om dié kwessies te bespreek. Hy sê die studente is oningelig.

Sowat 250 studente het Dinsag se negende dialoogsessie in ’n reeks bygewoon ná die onlangse gewelddadige botsings tydens ’n Varsitybeker-wedstryd op Shimlapark.
13 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min