Kameras binnekort in gevangenisse regoor die land geïnstalleer

Loading player...
Gesofistikeerde elektroniese sekuriteitstelsels, wat kameras insluit, gaan na verwagting binnekort in gevangenisse regoor die land geïnstalleer word.

Die nasionale kommissaris van die departement van korrektiewe dienste, Zach Modise, het gister voor die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste verskyn.

Hy het aan die komitee gesê sy departement het reeds sy huiswerk gedoen rondom die installering van kameras in tronkselle deur ondermeer met die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie te konsulteer.

Voorsitter van die portefeuljekomitee, Mathole Motshekga het aan OFM-nuus gesê die stelsel gaan na verwagting verskeie probleme in gevangenisse aanspreek.
13 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min