Eerste ronde van MRK-verhore na moontlike menseregteskendings in NK afgehandel
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) het laat gisteraand die eerste sessie openbare verhore in die Noord-Kaap afgesluit as deel van ‘n nasionale ondersoek na moontlike menseregteskendings in die KhoiSan-gemeenskap.
Inwoners van Platfontein net buite Kimberley, en verteenwoordigers van provinsiale departemente en munisipaliteite was genooi om voor die kommissie getuig.
Kommissaris Danny Titus sê die verhore het oor twee dae gestrek en die volgende sessie sal in Upington plaasvind. Hy sê die verhore vorm deel van ‘n tweede fase van die ondersoek.
Titus sê die ondersoek is geloods ná die kommissie talle klagtes van dié gemeenskap ontvang het.