Wêreld outisme-maand in April herdenk
Loading player...
Daar bestaan steeds ’n groot stigma en talle wanpersepsies rondom outisme.
Hanlie Degenaar, 'n taal- en spraakterapeut van Potchefstroom, se komentaar kom te midde van Wêreld Outisme-maand wat in April herdenk word.
Degenaar sê outisme is ’n neuro-ontwikkelingsafwyking wat tot probleme veral met die ontwikkeling van spraak en kommunikasie lei. Kinders kan egter reeds op die ouderdom van twee of drie jaar gediagnoseer word.
Behandeling van outisme fokus sterk op taalvaardighede en leer, en in sommige gevalle waar ander toestande soos aandagafleibaarheidsindroom, angstigheid of depressie ook teenwoordig is, kan medikasie voorgeskryf word.
Degenaar sê egter wat kinders met outisme en hul ouers nodig het is begrip en aanvaarding.