Mantashe waarsku teen "Gupta-risasie" van die land
Loading player...
Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Gwede Mantashe het 'n beroep op die drieparty-alliansie gedoen om saam te staan om die sogenaamde "Gupta-risasie" van die land te verhoed.
Mantashe het gister by 'n provinsiale beraad van die alliansie in Kimberley gepraat. Hy het gesê dit is die plig van die drieparty-alliansie om hul kragte saam te snoer om die ANC te red.
Mantashe het met verwysing na verlede week se Grondwethof-uitspraak oor Nkandla gesê die hof kan nie die president in 'n staat van beskuldiging plaas nie. Hy sê die hof se beslissing is nie die ANC se grootste bedreiging nie, maar wel pogings om die staat te kaap.
Mantashe sê onlangse kritiek teen Zuma is 'n aanval op die party en nie die president nie.