ANC grootkoppe woon beraad in NK by

Loading player...
Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe, sê hy en die party se nasionale voorsitter, Baleka Mbete se bywoning van die drie-party alliansie beraad in die Noord-Kaap is nie ‘n magsvertoning nie. Hy het aan OFM-nuus gesê dat lede van die party se nasionale uitvoerende komitte (NUK) provinsiale berade in vyf provinsies bygewoon het. Mantashe sê alhoewel hy baie klem gelê het op die uitwissing van faksies binne die ANC, is dit nie 'n probleem in die Noord-Kaap nie. Die ANC in die provinsie het egter maande ná die bedanking van sy provinsiale leier, John Block, nog nie ‘n aankondiging oor wie die top posisie in die provinsie sal beklee nie. Mantashe sê daar is egter geen probleme nie.
6 Apr 2016 11PM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min