
Solidariteit in gesprek met NWU oor voorgestelde herstrukturering
Loading player...
Solidariteit sal besluit op ’n plan van aksie sodra dit die operasionele vereistes vir ’n beoogde aflegging van personeel by die Noordwes-Universiteit bestudeer het. Dit is volgens Solidariteit se Johan Botha, en volg na die vakbond in ’n skrywe aan die NWU versoek het dat die universiteit inligting oor die voorgestelde afleggings moet bekend maak. Solidariteit verteenwoordig 264 lede by die NWU. 'n Woordvoerder van die universiteit, Louis Jacobs het bevestig dat die inligting reeds verlede week aan Solidariteit versend is.

