Moontlikheid van brandstigting nie uitgesluit in brand by Motheo-kollege in BFN

Loading player...
Die moontlikheid van brandstigting word nie uitgesluit nadat 'n brand vanoggend by die Motheo TVET-kollege in Bloemfontein uitgebreek het nie.

‘n Afdelingsoffisier van die Mangaung-brandweer-en-reddingsdiens, Braam van Zyl, sê die brandweer is ongeveer 06:00 vanoggend ontbied nadat ‘n brand binne die administratiewe gebou op die kampus ontstaan het. Hy sê die brand is tans onder beheer. Aansienlike rookskade is aangerig.

Volgens Van Zyl sal ‘n forensiese span later vandag deeglik ondersoek instel.
5 Apr 2016 3AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min