Polisie ondersoek moord op BFN vrou (70) by meenthuis
Loading player...
Die polisie in Bloemfontein ondersoek 'n voorval waarin 'n 70-jarige weduwee vermoedelik die naweek in haar woonstel met 'n hamer doodgeslaan is. Polisiewoordvoerder, Wendy Nkabi, sê die bejaarde vrou, wie se naam nie bekendgemaak is nie op versoek van haar naasbestaandes, is Sondagaand omstreeks 20:00 in haar slaapkamper in die Bergmeent-kompleks in Navalsig, in 'n plas bloed gevind. Iemand wat ook in die kompleks bly het aan die oorledene se deur geklop, maar daar was geen antwoord nie.
Die motief vir die moord is steeds onbekend. Nkabi kon nog nie sê wat uit die woonstel vermis word nie. Na wat verneem word was die bejaarde vrou welaf, maar het verkies om 'n karwag te wees as tydverdryf.