Welkome reën val in groot dele van VS
Loading player...
Welkome reën val sedert gisteraand in baie dele van die droogtegeteisterde Vrystaat en boere is dankbaar vir elke druppel. Kobus van der Wath, wat tussen Bultfontein, Brandfort en Theunissen boer, sê die reën help baie vir boere met sonneblom aanplantings. Hy sê dit is egter té laat vir die groei van natuurlike weiding.
Van der Wath sê dit het deur die nag sowat 25mm op sy plaas gereën, terwyl ander boere in die gebied meer as 60mm reën gemeet het sedert gistermiddag. Hy sê dit reën steeds saggies in die gebied. Volgens van der Wath is dit die eerste goeie reën wat boere in die gebied sedert verlede jaar April gekry het.