Tussenverkiesings uitgestel "in die belang van vrye en regverdige verkiesings"
Loading player...
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het alle tussenverkiesings, insluitend dié wat vir vandag geskeduleer is, weer onbepaald uitgestel weens voorgesette onsekerheid oor die geldigheid van die kieserslys.
Ongeveer twee derdes van geregistreerde kiesers het tans gedeeltelike of geen adresbesonderhede op die kieserslys nie.
Die besluit volg na ’n onlangse beslissing deur die Kieshof om tussenverkiesings in Tlokwe, Noordwes, in Februarie uit te stel. Daarna is tussenverkiesings in KwaZulu-Natal, Limpopo, Noordwes en die Wes-Kaap ook uitgestel.
OVK-woordvoerder Kate Bapela sê die Verkiesingskommissie se nuutste besluit is in die belang van vrye en regverdige verkiesings.