ANC het Zuma se verskoning eenparig aanvaar

Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal sê die party se topses-leierskap het eenparig besluit om president Jacob Zuma se verskoning oor die Nkandla-debakel te aanvaar. Gwede Mantashe het dit bevestig by 'n mediakonferensie in Pretoria gisteraand nadat Zuma in 'n regstreekse toespraak om verskoning gevra het. Hy het ná die president se toespraak gesê opposisiepartye se oproepe dat Zuma in 'n staat van beskuldiging geplaas word, is oordrewe. Hy het gesê die ANC sal uitmekaar skeur indien die party Zuma sou herroep. Mantashe het verder gesê 'n twiet deur die leier van die EFF, Julius Malema, dat Jacob Zuma gevra is om te bedank is onwaar.

Zuma het tydens sy toespraak gesê dit was nooit sy bedoeling om die Grondwet te skend nie, en dat hy altyd bereid was om van die geld vir Nkandla terug te betaal.
2 Apr 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min