DA eis dat koppe rol na Nkandla-uitspraak
Loading player...
Die DA het die koppe van beide die president en die speaker van die Nasionale Vergadering geëis ná gister se Grondwethofuitspraak oor die Nkandla-saak.
Die DA het vandag by 'n mediakonferensie in Johannesburg gesê die party het reeds 'n vergadering met leiers van opposisiepartye gereël en het beklemtoon dat hy voortgaan met 'n mosie om President Jacob Zuma in 'n staat van beskuldiging te plaas.
Elf regters het gister eenparig beslis dat Zuma en die Nasionale Vergadering die grondwet geskend het in hul hantering van die Openbare Beskermer se aanbevelings oor die Nkandla-kwessie.
Die DA-leier, Mmusi Maimane sê die Parlement moet kies tussen die President of die grondwet. Hy het opnuut gesê dat die DA alle nodige stappe sal doen om te verseker dat Zuma uit sy amp verwyder word.
Hy het ook geëis dat die Speaker van die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete bedank.