DA gaan begin met proses om Zuma in 'n staat van beskuldiging te plaas

Loading player...
Die DA gaan begin met die proses om President Jacob Zuma in 'n staat van beskuldiging te plaas.

Die party se James Selfe se komentaar volg nadat die Grondwethof bepaal het dat Zuma se versuim om te voldoen aan die Openbare Beskermer se Nkandla-aanbevelings is strydig met sy verantwoordelikheid om die Grondwet te handhaaf en te beskerm.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng sê Zuma en die Nasionale Vergadering het die Grondwet geskend. In ‘n eenparige uitspraak het 11 regters bepaal dat Thuli Madonsela se bevindings teen Zuma is bindend en dat sy nie ondermyn mag word nie.

Mogoeng het namens die regters gesê die tesourie moet bepaal hoeveel Zuma vir die Nkandla-opgraderings moet terugbetaal en binne 60 dae ‘n verslag by die hof indien hieroor.

Die DA se James Selfe die party is verheug oor die uitspraak.

Die hof het Zuma ook beveel om verskeie ministers wat by die saak betrokke was voor stok te kry, insluitende die minister van polisie Nathi Nhleko.
31 Mar 2016 5AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min