Klasse hervat sonder onderbrekings op NWU se Mafikeng-kampus

Loading player...
Die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus se normale akademiese program het gister sonder enige onderbrekings of voorvalle van betogings hervat. Die kampus het gister heropen nadat dit vir bykans 'n maand gesluit was wees gewelddadige betogings. Kampuswoordvoerder, Phenyo Mokgothu, sê klasse, het na 08:00 soos geskeduleer begin en die laaste klasse het teen 17:00 geëindig. Klasbywoning was goed. Mokgothu sê bykomende klasse oor naweke begin Saterdag om agterstallige werk in te haal. Volgens Mokgothu sal daar nie ‘n toetsreeks wees nie, maar toetse sal in klastyd geskryf word.

Mokgothu sê ‘n sekuriteitsmaatskappy se dienste word steeds gebruik. Hulle is egter nie op kampus nie, maar op bystand sou geweld uitbreek.
30 Mar 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min