Werksgeleenthede en water fokus van Internasionale Waterdag

Loading player...
Die Vrystaatse Departement van Omgewingsake het in samewerking met die nasionale Departement van Waterwese en Bloemwater ‘n ‘Water Week’ gehou ter viering van Internasionale Waterdag.

Die fokus was om inwoners bewus te maak om water spaarsamig te gebruik en dat dit ‘n skaars hulpbron is. Woordvoerder van die departement, Kgotso Tau sê die projek se fokus was op Smithfield, ‘n dorp wat erg deur die huidige droogte getref is.

Internasionale Waterdag is gister gevier. As deel van die vieringe is die Verenigde Nasies se Wêreld Water Ontwikkelingsverslag vir 2016 vrygestel. Luidens die verslag vorm water ‘n kern deel van nasionale- en plaaslike ekonomië en is nodig om werksgeleenthede te skep en te behou in alle sektore van ‘n ekonomie.

Volgens die verslag gaan waterskaarste in die toekoms ekonomiese groei belemmer en so ook goeie werksgeleenthede. Dit sê vir Afrika, om sy ekonomiese groei te handhaaf van die afgelope 10 jaar, gaan dit belangrik wees dat basiese infrastruktuur vir water en elektrisiteit noodsaaklik wees. Anders sal Afrika se ekonomië hulle momentum verloor.
23 Mar 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min