Kaartbedrog steeds ‘n groot probleem in SA
Loading player...
Kaartbedrog bly ‘n groot probleem in Suid-Afrika al het dit verlede jaar afgeneem.
Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko Inligtingsentrum (SABRIC) het aangekondig dat terwyl kaartbedrog in 2015 met 28% gedaal het, het die bankbedryf steeds ‘n verlies van R252.2-miljoen gely.
Elmarie Twilley van die versekeringsmaatskappy, Virseker waarsku verbruikers om op hul hoede te wees vir kaartaflesingstoestelle en mikrokamera’s wat deesdae deur kaartmisdadigers ingespan word.
Sy sê een van die hoofredes waarom kaartbedrog voortduur is dat verbruikers nie waaksaam genoeg is nie en ander te maklik vertrou.
Virseker en SABRIC bied die volgende wenke aan om te vermy dat jy ‘n slagoffer van kaartbedrog word:
• Hou ten alle tye ‘n ogie op jou kaart.
• Moet nooit vir iemand sê wat jou PIN is nie.
• Moenie jou kaart en jou PIN bymekaar bêre nie.
• Vermy swak-verligte OTMs.
• Sleutel slegs jou PIN in wanneer die masjien dit versoek.
• Maak seker dat niemand jou dophou terwyl jy jou PIN insleutel nie.
• Staan naby aan die OTM en maak seker dat omstanders nie jou hand kan sien terwyl jy die PIN insleutel nie.
• Maak seker dat jy jou hand oor die kaartgleuf hou om te verseker dat niemand jou kaart kan neem nie.
• Verlaat die OTM dadelik indien jy onveilig voel.
• Moet nooit hulp aanvaar nie – nie eers van ‘n sekuriteitswag nie.
• Moenie toelaat dat iemand jou aandag aftrek terwyl jy ‘n transaksie by ‘n OTM doen nie.
• Maak seker dat die kaart wat jy gebruik jou eie is, beide voor en nadat jy ‘n transaksie afgehandel het.
• Moet nooit jou geld by ‘n OTM tel nie.
• Kanselleer jou kaart onmiddellik wanneer dit verlore, gesteel, beskadig of deur ‘n masjien teruggehou word. Moenie toelaat dat iemand anders die oproep namens jou maak nie.
• As een of twee OTMs in ‘n bepaalde area nie werk nie, is dit beter om nie na die naaste OTM in dieselfde area te gaan nie. OTMs word gereeld gesaboteer om slagoffers na ‘n bepaalde OTM te lei.