Oorsaak van Potch-student se dood steeds onbekend

Loading player...
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die dood van ‘n eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus, wat Saterdagmiddag in die kampus se swembad verdrink het, vasstel. Kampuswoordvoerder, Johan van Zyl, sê die 19-jarige Xavier Klein, ‘n student in B.Com Finansiële Rekeningkunde, het saam met drie studentevriende gaan swem. Klein, ‘n inwoner van die manskoshuis Laureus, het later aan sy vriende gesê hy voel sleg. Hy het uit die water geklim, maar het later weer saamgeswem. Van Zyl sê Xavier het in die moeilikheid geraak. Sy vriende, waaronder sy kamermaat, het hom vinnig te hulp gesnel. Hulle het hom met uit die diep swembad gehelp en mond-tot-mond-asemhaling toegepas. Volgens Van Zyl was nooddienste, wat by netbalwedstryde naby die swembad was, vinnig op die toneel. Xavier is na die Mediclinic Potchefstroom geneem, waar hy Saterdagnag in die intensiewesorgeenheid dood is. Van Zyl sê die rektor van die kampus, Fika Janse van Rensburg, het alle betrokkenes vir hul hulp geloof.

Van Zyl sê Janse van Rensburg in samewerking met die koshuisvader, Chris de Bruyn, en ander staan Klein, wat van Groblershoop in die Noord-Kaap is, se gesin met reis- en verblyfreëlings asook berading by.

Xavier se vriende wat saam met hom was word ook met berading bygestaan. Klein is die vyfde student aan die Noordwes-Universiteit wat in die afgelope vier weke dood is. Drie vrouestudente van die NWU se Potchefstroom-kampus is in ‘n motorongeluk naby Potchefstroom dood waarna nog ‘n vrouestudent van die kampus aan breinvliesonstekeing dood is.
14 Mar 2016 1AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min