Gemeenskap help skoolkinders wat alles in brand verloor

Loading player...
Gemeenskapslede van Britstown het hul harte en beursies oopgemaak vir leerlinge van die Hoërskool Theron op dié Noord-Kaapse dorp nadat ‘n brand Sondagmiddag op die eerste verdieping van die skoolkoshuis verwoesting gesaai het. Die leraar van die NG Kerk Britstown, Hanri Joubert, sê sakelui op die dorp het ‘n helpende hand verleen. Joubert, ook die leraar van die VGK Kerk Britstown-sentraal, sê sakelui is ongelukkig oor ‘n uitlating van onderwyswoordvoerder, Sydney Stander, rakende die plaaslike hotel en gastehuise wat glo Sondagaand nie ingenome was om die leerlinge te huisves nie. Joubert sê slegs die Trans-Karoo Lodge is genader vir hulp en geen ander gastehuise nie. Volgens hom is ‘n fonds gestig om geld in te samel in ‘n poging om die sowat 60 leerlinge wat hul persoonlike besittings in hul kamers verloor het, by te staan.

Joubert sê die fonds word via sy vrou, ‘n onderwyseres aan die skool, in ‘n kerkrekening geadministreer. ‘n Vrag benodighede is vanoggend by die skool afgelewer. Besonderhede oor die oorsaak van die brand is nog nie beskikbaar nie.
11 Mar 2016 2AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min