Situasie gemonitor by vakansieoord en Bloemfontein-skool na mense siek word

Loading player...
Die uitslag van ‘n omgewingsgesondheidsontleding na ‘n voorval waarin altesaam 175 koshuisleerlinge van die Bainsvlei Gekombineerde Skool by Bloemfontein gister begin sleg voel na middagete sal na verwagting vandag bekend wees.

Provinsiale woordvoerder van die Departement van Gesondheid, Mondli Mvambi, sê tien leerlinge van dié skool is gister in die Nasionale Hospitaal in die stad behandel nadat hulle erge maagkrampe gehad het. Die laerskool- en hoërskoolleerlinge het ook gebraak en diarree gehad. Hulle het onder meer hoender geëet. Al die leerlinge was egter laat gistermiddag terug by die koshuis.

Mvambi sê die laboratorium-uitslae van ‘n ander voorval vroeër die week, waarin meer as 80 mense van die instansie loveLife Maandagaand tydens ‘n werksessie by die Aldam-vakansieoord naby Ventersburg beweerde voedselvergiftiging opgedoen het, is beskikbaar.

Die verslag toon die hoender en geen ander kos was besmet nie. Hy sê watermonsters dui ook aan die water is skoon. Daar is niks verkeerd gevind in die oord se kombuis nie.

Mvambi sê niemand het na die Aldam-voorval weer sleg begin voel nie. Albei situasies word steeds gemonitor.
11 Mar 2016 12AM English South Africa News · Business

Other recent episodes

Lt Col Thabo Covane

Lt Col Thabo Covane praat oor die verdagte wat aangekeer tydens polisie-operasie vroegoggend met renosterhorings en diamante
20 Jan 8AM 1 min