Begrotingsrede: Genoeg om rommelstatus te keer?
Loading player...
Dit is nog onduidelik of die Minister van Finansies, Pravin Gordhan se begrotingsrede genoeg was om te voorkom dat die land se kredietgradering tot rommelstatus afgegradeer word. Maryke Vermaak berig egter dat die EFF-leier, Julius Malema glo die minister gedoen het wat nodig is.
Die kredietgraderingsagentskap Moody's sê intussen die begroting het nie spesifieke inkomste-maatreëls geïdentifiseer om begrotingstekorte te verminder nie. Gordhan het gesê die regering beplan om sy begrotingstekort van 3.- persent van die bruto binnelandse produk tot 3.2-persent in die volgende boekjaar te verminder. Moody's se senior visepresident, Kristin Lindow sê Gordhan het onderneem om die uitgawes van staatsdiens-salarisse te verminder, maar dat hy nie spesifieke besonderhede verskaf het nie.