
Bekgevegte en persoonlike beledigings in wetgewer
Loading player...
Bekgevegte en persoonlike beledigings was gister aan die orde van die dag tydens die debat oor die provinsiale rede in die Vrystaatse wetgewer. Partye het mekaar beledigings toegesnou en die LUR vir Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Sam Mashinini, het groot konsternasie veroorsaak toe hy die DA-LP, Roy Jankielsohn, daarvan beskuldig het dat hy gunsies en gawes van die Premier in ‘n brief gevra het. Cathy Dlodlo berig dat Jankielsohn sê dit is ‘n blatante leuen.

