VS-onderwys veroordeel mesaanval by skool
Loading player...
Die Departement van Onderwys in die Vrystaat het die voorval waarin ‘n matriekleerling ‘n 18-jarige meisie met ‘n mes by ‘n skool in Phuthaditjhaba aangeval het, ten sterkste veroordeel.
Woordvoerder, Howard Ndaba, sê die departement het vinnig ingegryp en berading word aan leerlinge gegee.
Dit kom nadat ‘n 21-jarige matriekleerling van die Hoërskool Moteka gisteroggend op die skoolterrein ‘n gr.10-leerling 14 keer met ‘n mes gesteek het.
Die polisie het vroeër aan OFM-nuus gesê die twee leerlinge het vermoedelik ‘n woordewisseling gehad, waarna die verdagte haar herhaaldelik daarmee oral op haar lyf gesteek het. Die voorval het ten aansien van ander leerlinge en ‘n paar onderwysers gebeur.
Die verdagte, wat later op die skoolterrein in hegtenis geneem is, verskyn môre na verwagting in die plaaslike landdroshof op ‘n aanklag van poging tot moord.
Ndaba sê die skoolmeisie is in ‘n ernstige toestand in die plaaslike Mofumahadi Manope Mopeli-hospitaal.